
Sekere inligting op hierdie webwerf is, waar toepaslik en nodig, van toepassing op die gemeente as geheel. Dit is egter ‘n SUIDERKRUIS-WEB en bevat dus hoofsaaklik Suiderkruis-inligting. Die geskiedenis van ons gemeente, asook ander aspekte soos finansies, bedieninge, strukture, ens. word onder afsonderlike skakels gevind. Kortliks: Die gemeente is nou meer as 80 jaar oud: in 1930 gestig onder die naam Mchlaclan, met setel te Wittedrift. Die vinnige groei van PlettenbergbaaI as dorp het gelei tot die bou van ‘n tweede kerkgebou vir die gemeente en tot ‘n naamsverandering in die tagtiger jare. Die gemeente bestaan tans uit 2 Wyksgemeentes, nl Suiderkruis met hoofbasis Plettenbergbaai en Noorderkruis met Wittedrift as basis en elk word bedien deur ‘n toegewese leraar en bestuur deur ‘n eie Wykskerkraad. ‘n Sentrale Kerkraad bestuur sekere oorkoepelende funksies en is oorhoofs verantwoordelik. Wat lidmate betref, word die beginsel van ‘Vrye Assosiasie’ toegepas, wat beteken dat elke lidmaat ‘n keuse uitoefen oor waar hy/sy primęr inskakel, betrokke is en offergawes gee. Lidmate: Feb 2011: (Syfers in hakies sluit die “Jeug” (onder 20jr) en dus ook die dooplidmate uit): Totaal: 991 (851). Suiderkruis (Plett) 584 (494). Noorderkruis (W/Drift) 407 (357).
Opmerking: Op Plettenbergbaai word jonger as 70 gewis nog nie as bejaard beskou nie. (Inteendeel: Talle mense ouer as 70 sal nog ‘aanstoot’ neem om so ‘beskryf’ te word.)
GEMEENTEBOU en AGTERGROND-INLIGTING TOT ONS VISIE GEMEENTEBOU [soos geskets deur Albert van der Merwe—Voorsitter van die Gemeentebou- werksgroep, genoem Gemeentebou Reëlingskomitee. “Professor Malan Nel was in 2006 gekontrakteer om as fasiliteerder op te tree in die ontwikkeling van ‘n gemeentebou program. Almal is genooi na beplanningswerksessies, om te besin oor die “Twaalf Sleutels tot ‘n effektiewe gemeente”. Tagtig gemeentelede (Groep 80) het die kerngroep gevorm. Daar is bevind Plettenbergbaai is ‘n groot bestendige gemeente, dalk kwynend, maar die beste jare vir veral missionęre bediening lę nog voor. Missionęr in die meer omvattende betekenis, naamlik ‘n bediening wat uitreik na mense buite die kring van aktiewe lidmate, en veral gerig op die nood en behoeftes van mense. In-diepte analise het die sterkpunte van die gemeente bepaal in die lig van die twaalf kenmerke van effektiewe gemeentes. Vyf kenmerke is gekies om uitgebou te word; insette vanaf die Groep80 is gebruik om die gemeente se behoeftes en voorkeure te bepaal vir die proses. ‘n Gemeentebou Reëlingskomitee (GBRK) van elf lede, wat die drie leraars insluit, is gekies om vanuit die voorstelle spesifieke doelwitte saam te stel.” Vir doeleindes van die webwerf word die doelwitte in effens verkorte weergawe aangebied: Kenmerk 1: Spesifieke, konkrete missionęre doelwitte. 1.1 Om jaarliks twintig lidmate op te lei in diensevangelisasie. 1.2 Uiitbou en versterking van hulpverlening. 1.3 Mediabediening en kommunikasie.uit te bou. Kenmerk 2: Lidmaat-besoeke in die gemeente en gemeenskap. 2.1 Doen indiensopleiding in pastorale versorging. 2.2 Nuwe-intrekkerbediening verder uit te bou. 2.3 Bejaardesorg bediening verder uit te bou Kenmerk 3: Gemeenskaplike, dinamiese eredienste. 3.1 Vestig vir elkeen van die leraars ‘n erediens- en preekwerkgroep. 3.2 Koördinasie en uitbouing van musiekbediening. 3.3 Gasvryheidsbediening by die erediens uit te bou. Kenmerk 4: Betekenisvolle klein groepe 4.1 Deurlopende identifisering van persone vir opleiding as omgeegroep leiers. 4.2 Koördineer belangegroep-bediening en bou dit uit. Kenmerk 5: Deeglike, deelneemende besluitneming 5.1 Vestig ‘n ses-groep bediening-struktuur met ‘n verkleinde kerkraad. As grondslag en basiese uitgangspunte vir die proses en funksionering van die gemeente word die volgende aanvaar: · Jesus Christus en die verheerliking van Sy Naam staan sentraal in alle planne. · Die bediening van die gemeente moet oorgelaat word aan die gemeente self. · Die finale situasie van “een-persoon-een-bediening” word na gestreef · Die leraars se entoesiastiese betrokkenheid is bykans onontbeerlik. · Betrokkenheid moet hoofsaaklik op geroepenheid berus in plaas van aanwysing. · Bestaande strukture waar dit enigsins effektief funksioneer, moet behou word. Met ons hoop op die Hoofboumeester weet ons dat ons sal triomfeer en gestand doen aan ons missie: As familie in Christus .........Verheerlik en loof ons God .....inspireer ons mekaar en elkeen om ons.....gee ons om vir en bring ons hoop in Bitou. Die verskillende Bedieningsgroepe, gestig uit die Gemeentebouprogram, met die leier-persone van elke groep en hul kontak-besonderhede, is gelys op die SKAKEL “ KONTAK ONS”. WERKSAAMHEDE van die onderskeie BEDIENINGSGROEPE Met die afskop van die Gemeentebouprogram het die onderskeie Bedieningsgroepe die volgende beplan: (Dit verskaf ook ‘n goeie weergawe van die werksaamhede van elke groep in Suiderkruis.. Enige gemeentelid kan dus uit hierdie lys van werksaamhede en aktiwiteite bepaal waar hy/sy graag betrokke sal wil raak. [Kyk onder die skakel ‘Kontak ons” met wie jy in so geval kennis moet maak.]
Bankbesonderhede NG Plettenbergbaai Eerste Nasionale Bank Tak 210514 tjekrekeningno: 53371029209 | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||











