Die KRUIK is die Gemeente se amptelike maandblad en verskyn maandeliks behalwe Januarie en Julie.  


Uitgawedatum is die eerste Sondag van ‘n maand. Die eerste uitgawe het in Oktober 2006 verskyn.   Dit word uitgegee deur die Kommunikasiebedienings-groep - - die verantwoordelike persone is Altima Julyan.  (Altima het Sanet van Rooyen vervang.  Sanet was vanaf die ontstaan van die Kruik einde 2006 tot middel 2010, betrokke), Connie Peet en Wynand Harmse.


Die KRUIK beslaan agt bladsye en het as hoofdoelwitte om  


a.           geestelik te verryk  en te bemoedig,  en             

b.          in te lig. [algemene nuus op kerk- en godsdiensterrein  asook  gemeentenuus].

 

Insette word deur die leraars gelewer  asook uit eie  geledere van  Kommunikasiebediening en gemeente  verkry  terwyl diverse buite-bronne ook ‘n belangrike rol speel.  Die Kerkbode is die hoofbron vir algemene nuus.  


Gemeentenuus bestaan hoofsaaklik uit die weerspieëling van die rol en aktiwiteite van bedieningsgroepe; finansiële verslagdoening en ad-hoc artikels oor persone of gebeure.   Die KRUIK staan een bladsy af aan persoonlike nuus.  Die KRUIK plaas NIE almal se verjaardae nie, maar slegs die spesiales wat op  zero eindig: 20, 50, 80 ens.   Ook NIE detail van alle siekes, operasies, ens nie, maar slegs waar dit langdurig of baie ernstig van aard is. Ons plaas ook net uitsonderlike  individuele prestasies.  


As ‘n reël sal die nuutse 3 Kruike op die web bekikbaar wees plus onder eie sub-skakel die  spesiale artikels wat ons reken langer behou behoort te word op grond van geestelike verryking en bemoediging.


Mei 2011